Op 13 jarige ouderdom het sy haar SA kleure in beide sang en dans verwerf. Sy het
al verskeie sang en dans kompetisies gewen. Sy rig dans groepe af en neem al vir
13 jaar lank moderne dansklasse en vir 5 jaar hip hop. In beide die danse slaag sy
elke jaar met honneurs plus (95% +). Sy is al so gevorder dat sy nou met haar onderwys
opleiding begin.
Sy tree gereeld op by feeste, troues, fondsinsamelings, eksklusiewe
geleenthede en skole. By die KKNK het sy in 2005 - 7 vertonings gedoen, 2006 - 14
vertonings, 2007 - 13 vertonings en in 2008 - 23 vertonings gelewer. Sy het ook in
2003 deelgeneem aan die Global Spotlight kompitisie met 9 verskillende kategorië,
waar sy weg gestap het met 6 goud, 2 silwer en 1 brons medalje. In 2004 het Le-Lue
aan die ATKV Bravura kompetisie deelgeneem en geeindig as ‘n finalis. Die volgende
jaar (2005) het sy ingeskryf vir Crescendo ATKV landswye kompitisie en as ‘n semi-finalis
geeindig
Le-Lue was in die band Skyfdeer, wat hul eie liedjies geskryf het en ‘n demo
CD opgeneem het by Derick Lennox Studio. Die band het groot opslae gemaak, met die
drommer - Werner von Waltsleben, Kitaar - Rikus Hatting (ook die liedjie skrywer),
lead kitaar - Matthew Baird, Bass - Johan Kruger en Le-Lue as die lead singer. Van
die bekende liedjies is “Die een” (ek en jy), “Vegvliegtuig” en “Jy was Jy”. Jy het
moontlik selfs al van die liedjies gehoor, sonder dat jy weet dit is Le-Lue!
Sy het
aan die einde van haar gr.10 (st.8) jaar in 2005 ingeskryf vir Die Burger se plusster-kompetisie
waar sy as een van die vyf finaliste aangewys is uit die Oos- en Wes-Kaap (waar sy
die jongste was – op daardie stadium 16!). Sy het gedurende die 2005/2006 vakansie
seisoen saam met Nicholis Louw, Hi-5, Willem Botha en ander Plussterre getoer en
opgetree in verskeie dorpe vanaf Oos-Londen tot in Langebaan voor gehore van tussen
600 en 2 000 mense. Die Burger het haar vertonings beskryf as die klein meisie met
die groot stem wat die gehoor aan haar lippe laat hang.
Asook dat sy die toekomstige vroulike weergawe van Theuns Jordaan is. In Januarie
2006 is Le-Lue as die wenner gekroon, en het weg gestap met die Burger Plusster titel.
‘n Hoogtepunt in haar loopbaan tot dusver!
By die Kaapstadse Kerslig aanskakeling
het sy voor 60 000 mense opgetree saam met Dowwe Dolla. Gedurende 2006 het sy ‘n
voorvertoning vir Steve Hofmeyr by die Bushmans Cave in Clanwilliam gedoen. By die
jaarlikse Burger Kersfonds het sy opgetree saam met DNA strings, Amanda Strydom,
Jolette en ander groot name... Le-Lue is ook tesien by alle feeste regoor die land,
soos bv. Die M.O.L fees, Rittelfees,
KKNK, Oktoberfees, Wacky Wine Festival en die
Volksblad fees, om net ‘n paar te noem.
Met Namaqua as een van haar borge doen sy
ook baie korporatiewe funksies. Sy het al verskeie kere op die tv verskyn: Die Burger
Plusster reeks was uitgesaai op Kyknet vir 5 weke. Fiesta: M.O.L fees, Die Burger
Kerskonsert en Die Voedsel en Wynfees. Asook Emo Adams se reeks: “Jou show met Emo”.
Sy is van Januarie af te sien op Juanita du Plessis se reeks: “Dis Country met Juanita!”
Die opnames was in die Willowbridge Barnyard gedoen waar Le-Lue een van haar oorspronklike
liedjies: “Die Een” sing. Sy het ook ‘n duet saam met Andries Vermeulen gedoen op
sy nuutste cd. Die liedjie se naam is: “Vir Altyd By Jou”. Die dvd is ook beskikbaar
waarop die duet sal verskyn.
Le-Lue het eers ‘n demo cd gehad, wat sy as prys gewen
het met die Burger Plusster kompetisie, hierdie cd bevat slegs 3 liedjies, maar was
al verskeie kere uitverkoop op haar vertonings.
Haar besonderse weergawe van Lisa
se Klavier, is opgeneem op die CD – AFRIKAANS SE 60 GROOTSTE TREFFERS deur Select
musiek. Sy het pas haar debuut album "Dis Ek" vrygestel. Die album is iets vir almal
se smaak en gaan groot hoogtes bereik.
Die cd vertel jou meer van Le-Lue. Met treffer snitte soos “Sonder jou”, “Die Een”
en “Dis Ek”... Met haar warm, husky stem sing sy die land aan die brand en kan mense
nie genoeg kry van haar vertonings nie. Haar passie is om mense met haar God gegewe
talent te vermaak en inspireer.Sy is 20 jaar oud en het in 2007 gematrikuleer by
die Hoërskool Swartland in Malmesbury. Sy studeer ook tans Bemarkings bestuur by
Boland Kollege op Stellenbosch en is gekies as Voorsitter van die Studente Raad.
“Le-Lue
se optredes is energiek en stylvol. Sy is ‘n gehoor-magneet met haar unieke stem
en uitstekende verhoogpersoonlikheid!”